Is julle reg vir ‘n groot, dapper avontuur uit die Bybel? Sluit aan by ons vir die vrolike en kragtige storie van “Die Man wat begin hop het soos ‘n Springbok!”.
Hierdie storie bring die opwindende gebeure uit Handelinge lewendig vir klein oortjies en wys vir kinders dat God se krag en moed vandag nog vir elkeen van ons beskikbaar is.
In hierdie episode ontmoet ons ‘n oom wat sy hele lewe lank glad nie kon loop nie, totdat Jesus se beste maats, Petrus en Johannes, daar verby stap. Sonder enige goud of silwer, maar met die groot Naam van Jesus, gebeur die onmoontlike!
As jy as ma of pa daarvan hou om jou kinders met positiewe, Afrikaanse Bybelstories groot te maak, teken asseblief aan (Subscribe) en druk die klokkie-ikoon. Jou ondersteuning help ons om voort te gaan om kosbare koninkryks-waardes in kinderharte te saai!
#storiebeer #afrikaansebybelstorie #afrikaansekinderstories #bybelstories #bybelstoriesvirkinders
